BICEPS TOESTANDE

  • Inflammasie (tendonitis) van die Biceps tendon
  • Biceps skeure

Inflammasie (tendonitis) van die Biceps Tendon

Die biceps tendon ('n sterk, koord-agtige struktuur) verbind die boarmspier aan die bene van die skouer. Swakheid en pyn aan die voorkant van die skouer is algemene klagtes met hierdie toestand. Die toestand kan dikwels verlig word met rus en medikasie. Chirurgie is soms nodig om die tendon te herstel.

Anatomie van die Biceps

Die skouer is ’n bal - en-potjie tipe gewrig en bestaan uit drie bene:

  • Humerus (bo-arm)
  • Skapula (bladbeen)
  • Klavikel (sleutelbeen)

Die kop van die humerus pas in 'n potjie (bekend as die “glenoied”) in die skapula. ’n Groep van spiere en ligamente hou die bal-en-potjie gewrig in posisie. Hierdie spiere staan bekend as die rotatorkraag.

Die boarmspier (biceps) se hoof funksie is om jou elmboog te buig en jou voorarm te draai. Dit stabiliseer ook die skouer. Die boarmspier het twee tendons wat dit heg aan bene in die skouer. Die potjie (glenoied) is uitgevoer met ‘n sagte kraakbeen struktuur genaamd die labrum. Hierdie weefsel help om die kop van die humerus in die skouer potjie te stabiliseer.

Definisie van Biceps Tendonitis

Biceps tendonitis (inflammasie) word gedefinieer as irritasie of skade aan die biceps tendon in die voorkant van die skouer. Biceps tendonitis kom gewoonlik voor saam met ander skouer probleme. Ander verwante probleme sluit in:

  • Rotatorkraagskeure
  • Artritis van die skouer (osteoartritis en rumatoïede artritis)
  • Skeure van die glenoid labrum of ligamente
  • Chroniese skouer onstabiliteit
  • Skouer beknelling
  • Siektes wat inflammasie van die skouer voering veroorsaak

In die vroeë stadiums van biceps tendonitis word die tendon rooi en geswel en as die toestand vererger kan die tendon dikwels verdik. Die biceps tendon is nou dikwels donkerrooi in kleur as gevolg van die inflammasie. Die skade kan lei tot ’n tendon skeur en dan misvorming van die arm (sg. “Popeye” bult in die bo-arm).

Oorsaak

Soos ons ouer raak, word ons tendons stadig swakker agv alledaagse slytasie. Hierdie agteruitgang kan vererger word deur oorbruik (herhaling van dieselfde skouer bewegings). Tennis en swem is goeie voorbeelde van herhalende oorhoofse aktiwiteite. Herhalende oorhoofse beweging speel 'n rol in ander skouer probleme wat saam met biceps tendonitis voorkom. Rotatorkraag skeure, osteoartritis en chroniese skouer onstabiliteit word dikwels veroorsaak deur oorbruik.

Simptome

  • Pyn of teerheid aan die voorkant van die skouer. Hierdie simptome word vererger met oorhoofse aktiwiteit
  • Pyn of ongemak wat aan die voorkant van die bo-arm afbeweeg
  • ‘Kliek’ sensasie in die skouer

Doktersondersoek

  • Omvang van beweging
  • Krag
  • Tekens van skouer onstabiliteit
  • Spesifieke toetse om die funksie van jou biceps te evalueer

Spesiale ondersoeke:

  • X–Strale: help om bene en gewrigte te evalueer
  • Ultraklank en magnetiese resonansbeelding (MRI): Hierdie studies kan beter beelde van die sagte weefsel skep rondom en binne-in die skouer

Behandeling

Nie-chirurgiese behandeling

  • Rus: Probeer oorhoofse aktiwiteite te verminder
  • Ys pakke: Plaas yspakke vir 20 minute op 'n keer (paar keer 'n dag) oor die skouer tot swelling minder is.
  • Nie-Steroïdale anti-inflammatoriese medisyne Voltaren, Brufen, Cataflam, Coxflam, Arcoxia, Celebrex ens) verminder pyn en swelling
  • Steroïde (kortisoon) inspuitings: kortisoon is 'n baie doeltreffende anti-inflammatoriese medikasie. Die inspuit van steroïede langs die tendon kan pyn verlig. In buitengewone omstandighede kan steroïd inspuitings tendonswakheid of skeure veroorsaak.
  • Fisioterapie: Spesifieke rek-en strekoefeninge sal die omvang van beweging en krag van jou skouer herstel.

Chirurgiese Behandeling

Chirurgie word aanbeveel indien die nie-chirurgiese opsies nie die pyn verlig of funksie herwin nie. Terselfdertyd kan ander patologie van die skouer ook dan aangespreek word. Chirurgie vir biceps tendonitis word gewoonlik artroskopies uitgevoer (sleutelgat chirurgie) - jou dokter maak klein insnydings rondom jou skouer en voeg dan 'n klein kamera en miniatuur instrumente deur die snitte. Dit laat jou dokter toe om die toestand van die biceps tendon te evalueer, sowel as ander strukture in die skouer.

  • Herstel: In baie gevalle kan die biceps tendon herstel en versterk word
  • Biceps tenodesis: Die beskadigde deel van die biceps word verwyder en die res van die tendon word geheg aan die humerus. Die verwydering van die pynlike deel van die biceps verlig gewoonlik simptome en herstel normale funksie. Dr Van den Berg doen hierdie chirurgie artroskopies.
  • Tenotomie: In ernstige gevalle of in ouer pasiënte, is die lang kop van die biceps tendon so beskadig dat dit nie moontlik is om te herstel of ‘n tenodese te doen nie. Die beskadigde biceps tendon word losgemaak van sy aanhegting. Hierdie opsie is die mins indringende, maar dit kan soms lei tot 'n “Popeye” – bult in die bo-arm.

Chirurgiese komplikasies

Komplikasies is skaars met artroskopiese prosedures. Infeksie, bloeding, styfheid en ander probleme is veel minder algemeen as gesien in 'n oop chirurgiese prosedure. Algehele komplikasie syfers is laag en komplikasies is gewoonlik maklik om te herstel.

Rehabilitasie:

  • Na die operasie sal jou dokter 'n rehabilitasie plan voorskryf wat gebaseer is op die chirurgie uitgevoer. Jy kan 'n skouerstut dra vir 'n paar weke om die tendonherstel te beskerm.
  • Jy het onmiddellike gebruik van jou hand vir daaglikse aktiwiteite — skryf, rekenaarwerk, eet of was. Jou dokter kan sekere aktiwiteite beperk om die herstel van die tendon te bevorder. Dit is belangrik om jou dokter se voorskrifte te volg na die operasie om skade aan jou biceps te vermy.
  • Jou dokter sal binnekort begin met terapeutiese oefeninge (fisioterapie). Mobiliserende oefeninge sal die omvang van beweging verbeter in jou skouer. Oefeninge om jou skouer te versterk sal geleidelik bygevoeg word by jou rehabilitasieplan.

Chirurgiese Uitkoms

Die meeste pasiënte het goeie resultate. Hulle herwin tipies volle omvang van beweging en is in staat om hul arms te beweeg sonder pyn. Mense wat 'n baie hoë aanvraag oorhoofse sport speel moet soms hierdie aktiwiteite na die operasie beperk.

Biceps Tendon Skeure om die Skouer

As jy die biceps tendon in die skouer skeur, kan jy krag in jou arm verloor en nie in staat wees om ’n kragtige draaibeweging van jou arm met die palm na bo uit te voer nie. (supinasie). Baie mense kan funksioneer met ‘n biceps tendon skeur en met eenvoudige behandeling die simptome verlig. Sommige mense vereis chirurgie om die geskeurde sening te herstel. Biceps tendon skeure kan óf gedeeltelike of volledige skeure wees.

Normale Anatomie

Daar is twee aanhegsels van die biceps
tendon by die skouer.

Geskeurde Biceps Tendon

‘n Geskeurde biceps tendon by sy aanhegtingspunt

Gedeeltelike skeure: Baie skeure verbreek nie heeltemal die tendon nie. Volledige skeure: 'n volledige skeur sal die tendon verdeel in twee dele. In baie gevalle, kan die geskeurde senings begin uitrafel. Soos die skade vorder, kan die tendon heeltemal skeur, soos met die optel van 'n swaar objek. Gelukkig het die biceps twee aanhegsels by die skouer. Die kort kop van die biceps skeur selde en baie mense kan nog steeds hul biceps gebruik, selfs na 'n volledige skeur van die lang kop. Wanneer jy jou biceps tendon skeur, kan jy ook ander dele van jou skouer beskadig (rotatorkraag en labrum).

Oorsake

  • Beserings: As jy hard val op 'n uitgestrekte arm of iets te swaar lig, kan jy jou biceps tendon skeur.
  • Oorgebruik: Baie skeure is die gevolg van degenerasie en die uitrafel van die tendon wat stadig oor tyd plaasvind. Dit gebeur natuurlik soos ons ouer word. Dit kan vererger word deur oorbruik of herhaalde bewegings. Oorbruik kan 'n verskeidenheid van skouer probleme (tendonitis, skouer beknelling en rotatorkraag beserings) veroorsaak.

Risikofaktore

Risiko vir ’n tendon skeur verhoog met:

  • Ouderdom: Ouer mense het meer jare van slytasie op hul tendons as jonger mense.
  • Skouer oorbruik: Herhalende oorhoofse sport - soos swem of tennis – sal meer tendon slytasie veroorsaak.
  • Swaar oorhoofse aktiwiteite: Te veel lading tydens gewigoptel is 'n goeie voorbeeld van hierdie risiko, want baie werk is nodig om swaar oorhoofse gewigoptel te doen en sit oortollige slytasie op die tendons.
  • Kortikosteroïd medikasie. Die gebruik van kortikosteroïede is gekoppel aan groter spiere en tendon swakheid.
  • Rook. Nikotien gebruik kan voeding en bloedtoevoer na die tendon beïnvloed.

Simptome

  • Skielike, skerp pyn in die bo-arm
  • Soms is daar 'n hoorbaare pop of snap
  • Kneusing van die middel van die bo-arm af in die rigting van die elmboog
  • Pyn of teerheid aan die skouer en die elmboog
  • Swakheid in die skouer en die elmboog
  • Moeilik om die arm te draai met die palm op/af
  • Krampe van die boarmspier met strawwe gebruik van die arm
  • Omdat ’n geskeurde sening nie langer die boarmspier kan vashou nie, kan ’n bult in die bo-arm bo die elmboog (“Popeye Spier”) verskyn.

Ondersoek

Nadat jou simptome en mediese geskiedenis bespreek is, sal jou dokter jou skouer ondersoek. Die diagnose is dikwels voor die hand liggend vir volledige skeure as gevolg van die misvorming van die arm spiere (“Popeye Spier”).

’n Biceps tendon skeur is redelik duidelik wanneer die spier saamgetrek word (“Popeye Spier”).

Gedeeltelike skeure is minder duidelik en om 'n gedeeltelike skeur te diagnoseer, kan jou dokter vra dat jy jou arm buig en die boarmspier draai. Pyn wanneer jy jou boarmspier gebruik, kan beteken dat daar 'n gedeeltelike skeur is. Dit is ook baie belangrik dat jou dokter enige ander skouer probleme identifiseer wanneer hy jou behandeling beplan. Die biceps kan ook skeur naby die elmboog, maar dit is minder algemeen. 'n Skeur naby die elmboog sal ‘n ‘gap’ veroorsaak in die voorkant van die elmboog. Jou dokter sal jou arm ondersoek vir skade in die omgewing.

Spesiale Toetse

  • X -strale. Hoewel x -strale nie die sagte weefsel soos die biceps tendon wys nie, kan dit nuttig wees in die uitsluiting van ander probleme wat kan veroorsaak dat die skouer en elmboog pyn.
  • Ultraklank. Goeie beelde en goedkoper as MRI. Kan nie biceps in die gewrig wys nie.
  • Magnetiese resonansbeelding (MRI). Dié skanderings skep beter beelde van sagte weefsel. Hulle kan beide gedeeltelike en volledige skeure wys.

Behandeling

Nie-chirurgiese Behandeling

In baie gevalle skeur die langkop van die biceps geleidelik oor ‘n lang tydperk. Ligte swakheid in die arm of arm deformiteite, sal sommige pasiënte, soos ouer en minder aktiewe mense min pla. Verder, as geen ander kritiese strukture soos die rotatorkraag beskadig is nie, is nie-chirurgiese behandeling 'n goeie opsie. Dit kan die volgende insluit:

  • Ys. Pas koue pakke vir 20 minute op die skouer, 'n paar keer 'n dag om swelling af te hou. Moet nie die ys direk op die vel plaas nie.
  • Steroïdale anti -inflammatoriese medisyne (Voltaren, Brufen, Cataflam, Coxflam, Arcoxia, Celebrex ens) verminder pyn en swelling.
  • Rus. Vermy swaar en oorhoofse aktiwiteite en beperk pyn om swelling te verlig. Jou dokter kan jou aanraai om ‘n skouer immobiliseerder te gebruik vir 'n kort tyd.
  • Fisioterapie. Mobiliteits en versterkingsoefeninge sal beweging herstel en jou skouer versterk.

Chirurgiese Behandeling

Biceps Tenotomy: http://www.youtube.com/watch?v=GLt8Piuhqwg
Biceps Tenodesis: http://www.youtube.com/watch?v=QAYpjXug05s

Chirurgiese behandeling vir 'n skeur van die lang kop van die biceps tendon is selde nodig. Sommige pasiënte wat volkome moet herstel en baie krag nodig het, soos atlete of hande arbeiders, sal chirurgie vereis. Chirurgie kan ook die regte opsie wees vir diegene met gedeeltelike skeure waarvan die simptome nie verlig met nie-chirurgiese behandeling nie.

Verskeie nuwe prosedures het ontwikkel wat die herstel van die tendon met minimale insnydings kan herstel. Die doel van die operasie is om weer die geskeurde sening te anker tot terug op die been. Komplikasies met hierdie operasie is skaars. Herbesering van die herstelde tendon is ongewoon.

Rehabilitasie

Na die operasie, kan jou skouer tydelik geïmmobiliseer word met 'n skouer immobiliseerder. Jou dokter sal jou binnekort verwys na 'n fisioterapeut. Mobiliserings oefeninge sal die omvang van beweging verbeter in jou skouer. Oefeninge om jou skouer te versterk sal geleidelik bygevoeg word by jou rehabilitasie plan. Maak seker dat jy jou dokter se behandelingsplan volg. Hoewel dit 'n stadige proses is, is jou verbintenis tot fisioterapie die mees belangrike faktor in die terugkeer na al die aktiwiteite wat jy geniet.

Chirurgiese Uitkoms

Suksesvolle chirurgie kan spier deformiteite regstel en jou arm se krag en funksie tot normaal laat terugkeer.