SKOUER KLIEKS

My skouer maak geluide!? (Snap, Crackle en Pop!)

  • Geluide in gewrigte (klieks of kraakgeluide) kan ontstellend wees en spanning veroorsaak. Gewoonlik is hierdie geluide nie aanduidend van enige onderliggende besering of siekte nie. Dit kan vir jare aanhou sonder dat daar enige pyn of simptome ontwikkel. Indien dit pynvrye geluide is, kan u aanneem dat dit nie deur die sagteweefsel veroorsaak word nie en dat die gewrig normaal is.
  • Geluide geassosieer met pyn, kan skade op die gewrigsvlak aandui. Sulke klieks of kraakgeluide kan agv ‘n labrumskeur wees wat oor die ander strukture beweeg soos wat die arm gebruik word.
  • Indien die labrumskeur aan die bokant van die skouer is, word dit ‘n SLAP letsel genoem. ‘n MR artrogram kan die labrum skeur aandui en dit is ongeveer 80-90% akkuraat. ‘n Goeie kliniese evaluasie deur ‘n ervare dokter of terapeut bly die beste manier om die diagnose te maak, met skanderings om te bevestig waar nodig.
  • ‘n Onstabiele bicepstendon kan ook uit sy groef ontwrig en die oorsaak van die geluide wees. Hierdie toestand benodig verdere hantering.
  • Soms is die geluide agv ‘n skouer wat uit die gewrig skuif of gedeeltelik ontwrig. Dit staan bekend as ‘skouer onstabiliteit’.
  • Indien daar pynlike geluide in die skouer is, tesame met die diagnose van ‘n labrum skeur, is chirurgiese herstel deur ‘n artroskopie die beste vorm van behandeling. Indien daar geen labrum skeur is nie, kan fisioterapie van baie waarde wees om die stabiliteit in die skouerspiere te herstel.